Gannalaagte

R125,00

Category: Tag:

Gannalaagte

Die verhaal speel af teen die agtergrond van ’n klein, plattelandse boeredorpie in Wes-Transvaal, Gannalaagte, waar die hoofverbouïng mielies, grondbone en sonneblom is.

Die dorp word omgekeer deur tant Gertruida se dood. Elmo Hansen, loseerder by tant Gertruida, verdwyn die nag met haar dood en kaptein Frans du Randt spaar niemand nie en later is almal verdagtes. Die aantreklike kaptein gebruik ook sy sjarme om die vroulike inwoners om te krap.

Die verhaal begin die dag na die begrafnis van tant Gertruida Nel. Sy was haar lewe lank baie behep met Rusland en al sy tierlantyntjies. Sy het Matrioska-poppies en nagemaakte farbaché-eiers versamel. Sy het vrou-alleen op die plaas gebly en die lande aan oom Jasper en sy dogter, Anna, verhuur, wat op die buurplaas woon. Balalaika-musiek, die Don Kosakke en Ivan Rebroff was haar gunstelinge. Sy het haar dogter Anushka gedoop en ’n baie fyn opvoeding gegee.

Anushka, wat ’n graad in Beeldende Kuns het, die hoofmeisie en dr. Chris se meisie was, kom vir die eerste keer nadat hulle universiteit toe is weer terug na Gannalaagte na jare in Duitsland – met ’n seun, Igor, en hulle van is Schultz. Igor is in Graad 12 in die hoërskool en vanaf die eerste oomblik dat dr. Chris se dogter, Lize en Igor mekaar sien, het hulle net oë vir mekaar.

Weight 0,23 kg
Graad

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Shopping Cart
Gannalaagte
R125,00