Daantjie gaan grootskool toe

R105,00

Category: Tag:

Daantjie is ’n klein onnut wat alewig besig is om kattekwaad aan te vang, en dit is gewoonlik sy gesin en troeteldiere wat dit moet ontgeld. Dis nou Mamma en Pappa, Oupa en Ouma, sussies, Corlia en Marissa, die honde, perde en, natuurlik, Daantjie se geliefde hoendertjies.

Kom beleef saam met Daantjie al dié dinge wat ’n klein seuntjie se hartjie sommer bly maak, soos ’n nuwe hondjie, ’n kettie, sywurms, perdrylesse en ’n besoek aan die sirkus. Ander hoogtepunte in Daantjie se lewe is sy eerste dag in die groot skool, ’n kuiertjie by Oupa en Ouma op die plaas, ’n vakansie by die see en ’n uitstappie na die planetarium. Dan is daar ook nog die dag toe die knapie weggeloop het. Ja nee, met Daantjie in die omtrek is dinge nooit vervelig nie.

Die Daanjie-boekies  maak deel uit van ’n opwindende reeks leesboekies wat ontwikkel is om jong lesers aan te moedig om vir genot te lees. Die boekies word gegradeer volgend die graad van ingewikkeldeheid en weerspieël die teikengroep se leefwêreld en leesvermoë. Die doel van die reeks is om die lees- en geletterdheidsvaardighede van jong lesers op ’n prettige wyse te ontwikkel en al die boekies is geskik vir gebruik in die klaskamer sowel as by die huis. Die boekies bevat volkleur illustrasies ter ondersteuning van die inhoud, duidelike leesbare teks geskik vir die leesvlak van die teikenleser en is geskik vir individuele lees, groeplees en klaslees.

Die leesboek bevat:

  • Volkleur illustrasies ter ondersteuning van die inhoud
  • Duidelike leesbare teks geskik vir die leesvlak van die teikenleser
  • Duidelike leiding om woordeskatuitbreiding te verseker en jong lesertjies by die inhoud te betrek terwyl hulle hul leesvaardighede inoefen–

Verduideliking van vlakke:

Vlak A – Graad R – beginner lesers

Vlak B – Graad 1 – intermediêre kesers

Vlak C – Graad 2 – gevorderde lesers

Vlak D – Graad 3 – gevolderde lesers

Weight 0,05 kg
Graad

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Shopping Cart
Daantjie gaan grootskool toe
R105,00