‘n Roos wat verwelk

R175,00

Category: Tag:

’n Roos wat Verwelk

Hoe leef ’n mens met jou gewete saam as jy weet jy het deur jou selfsugtige optrede nie net jou man se Regsloopbaan en indirek sy lewe vernietig nie, maar ook jou vierjarige kleuter van haar pa beroof? Dit is die sielestryd waarmee Arlien la Grange die afgelope sewentien jaar worstel, maar haar selfbejammering en bitterheid is besig om ’n wig tussen haar en haar pragtige dogter Celia te dryf. Boonop is sy aan ’n rolstoel vasgekluister, wat haar gedurig aan haar foute van die verlede herinner. Sy regeer die huishouding en vir Celia met ’n ysterhand en keur haar vriende, Sue-Marie, Fanus en veral Robbie ten sterkste af. Dit is net die flambojante Raoul, seun van die befaamde Professor Cillier, wat haar goedkeuring wegdra.

Arlien la Grange probeer om ten alle koste die geheime van die verlede van Celia weg te hou, maar dan maak die jong Regstudent ’n skokkende ontdekking, min wetende dat dit net die eerste in ’n reeks gebeure is wat haar lewe heeltemal gaan ontwrig.

Weight 0,25 kg
Graad

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Shopping Cart
‘n Roos wat verwelk
R175,00