Pieter en Bettie se avonture

R105,00R345,00

SKU: N/A Category: Tag:

Die African Footprint boekies vir die Grondslagfase (Graad R-3) is ontwikkel met spesifiek die grondslagfase Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal leerders in gedagte. Die leesboeke word gegradeer volgens die graad van ingewikkeldheid en is gestruktureer rondom die leeruitkomste en assesseringsstandaarde soos voorgeskryf deur die NKV vir die grondslagfase. Die doel van die boekies is om die lees en geletterdheidsvaardighede van jong leerders te ontwikkel en bevorder.

Die leesboek is beskikbaar in ’n grootmaatboek wat die onderwyser tydens groeplees-aktiwiteite kan gebruik en ’n kleiner formaat leesboekie vir elke individuele leerder. Die leesboek word vergesel van die werkboek met aktiwiteite wat die leerder se geletterdheidsvaardighede verder uitbou.

Die leesboek  en werkboek bevat:

  • Volkleur illustrasies ter ondersteuning van die inhoud
  • Duidelike leesbare teks geskik vir die leesvlak van die teikenleser
  • Duidelike leiding om woordeskatuitbreiding te verseker en jong lesertjies by die inhoud te betrek terwyl hulle hul leesvaardighede inoefen.

Die African Footprint reeks bestaan uit ’n grootformaat klasleesboek, ’n kleiner formaat leesboekie vir die leerder en ’n werkboek.

Verduideliking van vlakke:

Vlak A – Graad R – beginner lesers

Vlak B – Graad 1 – intermediêre kesers

Vlak C – Graad 2 – gevorderde lesers

Vlak D – Graad 3 – gevolderde lesers

Weight N/A
Graad

Grootte

Groot, Klein

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Shopping Cart
Pieter en Bettie se avonture
R105,00R345,00Select options